Die Herout
Jaargang 42
Augustus 2021
Foto: Cara Louw

Is jy deel van die 81% van mense wat graag ’n boek wil skryf, maar net nog nooit tyd gehad het om dit te begin of klaar te maak nie? Hier volg ’n paar wenke om te begin.

Ons almal wou al ons eie sprokiesverhaal skryf en publiseer, maar dan begin ons skryf en vyf bladsye later gee ons op.

Gewoonlik omdat ons nie presies weet waar om te begin nie.

Die eerste en belangrikste wenk as jy ’n boek wil begin skryf, is om nie te wag vir die “muse" nie. Skep scenario’s. Die een wat die meeste konflik later in die storie sal laat ontwikkel, gebruik jy.

Die tweede en derde wenk gaan hand aan hand. Ken jou genre en die tipe lesers wat jou boek van die rak af sou kies. Die genre van jou boek is die etiket wat lesers vertel wat om te verwag, maar as jy ’n ander etiket as die storie wat jy skryf gaan uitstal, sal die leser nie weer een van jou boeke koop nie. Onthou mense koop wat hulle wil lees en slegte publisiteit doen baie meer skade as goeie publisiteit. Wanneer jy jou storielyn beplan, dink aan ’n oorspronklike en unieke gedagte.

Die grootste fout wat skrywers maak, is dat hulle nie korrek beplan nie. Dit is jou verantwoordelikheid as skrywer om die idee in ’n soliede, boeiende en verwante struktuur te omskep. Dis nie altyd die briljante skryfwerk wat van ’n boek ’n topverkoper maak nie, maar wel die manier hoe die inligting oorgedra is aan die leser. Die leser moet heeltyd wonder oor wat volgende gaan gebeur, maar ook uiteindelik die helderheid van die konsep verstaan.

Wanneer jy ’n boek begin skryf, moet jy jouself die volgende drie vrae vra:

Eerstens, is jy ’n kenner van die situasie waaroor jy gaan skryf? Tweedens, het jy al self die gedagte waaroor jy skryf, ervaar? Laastens, indien jy geen kenner is van die situasie waaroor jy gaan skryf is nie, gaan jy deeglike, betroubare inligting kan kry oor die situasie? Wanneer jy die vrae kan beantwoord met ’n ja, kan jy begin skryf, maar as jy steeds wonder, kry meer inligting of kies eerder ’n ander onderwerp.

Skrywers is belangrik vir die toekoms, omdat mense hul kennis verbreed deur boeke te lees. ’n Voordeel van skrywer wees, is dat jy jou gedagtes op papier kan sit en lesers die plesier kan gee om jou boek te vat en te lees. Die grootste nadeel daarvan om deesdae ’n skrywer te wees, is die feit dat enige iemand jou boek kan koop en op allerhande onwettige webtuistes kan plaas. Dit beteken dat jou verkoopsyfers gaan daal en jou inkomste baie minder sal wees.

Moenie deel word van die 97% van die mense wat nooit hulle stories klaarskryf nie.

Onthou, die enigste voorspelbare toekoms is een wat self gebou word!

Lees Verder

Wat is die waarheid agter die mRNA-entstof?

Leah Coetzee

Is ’n walvis ’n vis?

Hellmuth Weich

Sal Mars ooit ons tweede tuiste kan wees?

Erica Chen

Hoekom het ons somer- en wintersporte?

Erica Chen