Die Herout
Jaargang 42
Augustus 2021
Foto: Bianca Stander

“Ek is so trots op jou!”

“Jy is so slim!”

“Jy sing en teken en dans en swem en hardloop so goed!”

Jy dink seker dit is ’n briljante ouer wat hulle kind aanmoedig en ondersteun. Alhoewel dit steeds is, kan hierdie prysing die saadjie plant wat daarheen lei dat dié kind met albei voete in die onvrugbare grond van die praise junkies staan.

Praise junkies is mense wat gedurig smag na aanvaarding. Dit word soos ’n dwelm en daarsonder kan die persoon selfs iets eenvoudig nie doen nie, want hulle selfvertroue word gebou op dit wat ander van hulle dink. Die individu se soeke na prysing word die aanmoediging vir prestasie.

Maar hoekom is dit so effektief? Waarom is handeklap ’n dwelm? Is jy skuldig aan die misbruik daarvan, of weet jy wanneer om die streep te trek en vir ’n slag jouself aan te moedig?

Die effekte van hierdie manier van aanvaarding soek, lei tot groter komplikasies wat die persoon se alledaagse lewe kan beïnvloed (en nie op ’n goeie manier nie). Studies is gedoen wat bevind het dat mense wat oorvloei word met prysing, minder oopmaak wanneer hulle vrae moet beantwoord, minder selfvertroue in hulle eie terugvoering het, eenvoudige take moeilik vind om te voltooi en minder geneig is om hulle idees met ander te deel.

Nietemin, die meeste van ons tap die emmer leeg en maak gebruik van komplimente. Ons vat dit “kop toe” en dit word die dwelm vir ons vooruitgang.

Ek wil egter nou graag fokus op die rol wat hierdie prysing en aanvaarding van ander op atlete speel. Hierdie dwelm is in die in die wye wêreld van sport, waar pyn en plesier mekaar teenwerk, nie só skadelik soos wat ek dit nou net laat klink het nie.

Prysing is tog ’n noodsaaklike komponent van prestasie. Dink aan die oeroue speletjie van “warm of koud”. Jy maak jou oë toe en wanneer die mense rondom jou skree “jy is koud”, is jy is minder aangespoor en dobber rond. Sodra hulle egter skree dat jy warm raak, klop jou hart vinniger en jou soeke na sukses verdubbel.

Sportafrigters gebruik ook dié noodknoppie om hulle atlete se prestasie te verbeter. Tydens oefening sal ’n opgewonde afrigter wat hoop in sy atlete vertoon, baie meer energie in die atleet opwek en die atleet sal heel moontlik hulle prestasie verbeter. ’n Lang-gesig afrigter wat geen emosie wys nie, sal egter baie spanning in die atleet wek en die atleet sal swakker resultate lewer.

Aanvaarding verskaf ondersteuning vir die atleet se vaardigheidsontwikkeling en vermoëns, maar ook vir die atleet se selfbeeld en gemoed. Dit het ’n persoonlike impak op sy of haar se selfvertroue en natuurlik klop goeie resultate dan aan die deur.

Handeklap bly ’n dwelm. Te veel handeklap vir die individu self is wel nie ideaal nie, want die verslawing daaraan hou baie negatiewe gevolge in. Handeklap in matige hoeveelhede op die regte tye vir prestasies en harde werk kan egter vir jou die hupstoot gee wat jy nodig het om optimaal te funksioneer.

Lees Verder

Wat maak ’n goeie TV-reeks?

Mia Groenewald

Indien die mensdom die geleentheid gehad het om die finansiële stelsel te herontwerp, sou ons dit beter kon doen?

Danielle Swanepoel

Reduce, Reuse, Recycle – is dit regtig verbruikers se verantwoordelikheid om die wêreld te red?

Emma Craucamp

Is koffie goed vir jou?

Nienke de Vaal