Die Herout
Jaargang 42
Augustus 2021
Foto: Arnold Hattingh

?

Die vraag is iets uniek aan die mensdom. Ons is die enigste spesie wat die vermoë het om in taal en gedagte die rede agter iets te bevraagteken. Ons is die enigste spesie wat kan vra: “Waarom?”

Die mens bevraagteken al duisende jare lank omtrent alles om ons. Die vraag, waarom? is die hele beginsel waarop die wetenskap, filosofie en eksistensiële krisisse gegrond is. Die mens strewe al sy hele bestaan lank om te verstaan hoe die wêreld om ons werk en wat ons plek en doel in hierdie vreesaanjaende, asemrowende heelal is. Ons vra vrae wat onbeantwoordbaar is en strewe steeds om dit te beantwoord, want dit is wat mense doen. Ons vra vrae en ons soek antwoorde.

Op hoërskool het ons almal gereeld met vrae te doen. Tydens eksamens voel ons dikwels asof al wat mense doen, is ons vrae vra – sommige wat ons kan beantwoord en ander waarmee ons ’n bietjie meer mee sukkel...

Geagte leser, ek dink die tema vir hierdie uitgawe is al redelik duidelik. As jy egter nog nie seker is nie, moet ek jou vra, wat dink jy is die tema?

Renke Lorio & Emma Olivier

Lees Verder

Is ’n walvis ’n vis?

Hellmuth Weich

Wat maak ’n goeie TV-reeks?

Mia Groenewald

Indien die mensdom die geleentheid gehad het om die finansiële stelsel te herontwerp, sou ons dit beter kon doen?

Danielle Swanepoel

Hoekom word ons nostalgies?

Renke Lorio