Die Herout
Jaargang 42
Augustus 2021
Foto: Shianne Brand

Emosies, gevoelens en gemoedstoestand is drie terme wat dikwels met mekaar verwar word. Hierdie konsepte val onder dieselfde kategorie, maar speel verskillende rolle in ’n mens se belewenis van gebeure.

Emosie is chemiese vrystelling in die brein en liggaam

in reaksie op ’n spesifieke gebeurtenis. Gevoelens het ’n groter kognitiewe komponent as emosies - hoe meer denke toegewy word aan die emosie, hoe meer verdiep die gevoel. Jou gemoedstoestand word bepaal deur ’n versameling van gevoelens en uitwaartse omstandighede.

Dieet, slaapgewoontes en oefening het ’n merkwaardige impak op jou buie.

Wat is die doel van emosies en gevoelens? Emosies (en gevoelens) verskaf bewyse van die bedreigings en geleenthede waarmee ons onsself bevind en dryf ons tot aksie. Dit is ’n leidraad vir wat binne-in ons aangaan. Dit weerspeel ons gedagtes, passies en begeertes.

Sonder gevoelens is ervarings dood.

Om emosioneel volwasse te wees, beteken om verstand te hê rakende jou emosies, gevoelens en buie, en om daarop te reageer op ’n verantwoordbare manier. Dit is belangrik vir verhoudinge, emosionele welstand en verhoog lewensgehalte.

Ons kan emosioneel volwasse wees deur ’n paar nuttige wenke te volg:

  • Hê selfbeheersing. Dit is baie belangrik om voor jy enige iets doen of sê, na te dink oor die gevolge waartoe jou interaksie kan lei.
  • Oefen om jou gevoelens te identifiseer. Hou rekord van hoe jy voel. Jy kan ’n dagboek of joernaal hiervoor gebruik, of selfs ’n app aflaai wat jou hiermee help.
  • Oefen om te identifiseer wat die oorsaak van jou emosie, gevoel of bui is. Wanneer ’n mens die oorsaak van iets identifiseer, help dit om in die toekoms ingeligte besluite te neem, want jy sal die moontlike uitkoms van jou aksies kan voorspel.
  • Kies om die vreugdevolle, maar ook die pynvolle emosies te verwelkom. Probeer om selfs die slegte gevoelens as geleenthede vir groei of refleksie te beskou.
  • Wees eerlik met jouself en die wat vir jou omgee. Dit sal help om emosionele uitbarstings te vermy. Gepaard met eerlikheid kom vryheid. Hou ’n oop gesprek met iemand wat jy vertrou. Deel die goed waarmee jy sukkel en stel ook jouself beskikbaar om te luister.

Om emosioneel te groei, is dit belangrik om ’n bewustelike besluit te neem dat jy moeite sal insit om resultate te verg.

“Jy kan nie beheer hoe jy voel nie. Maar jy kan beheer hoe jy op jou gevoelens reageer.”

Lees Verder

Reduce, Reuse, Recycle – is dit regtig verbruikers se verantwoordelikheid om die wêreld te red?

Emma Craucamp

Wat is die beste velsorgroetine vir ’n tiener?

Dehan Lotz

Indien die mensdom die geleentheid gehad het om die finansiële stelsel te herontwerp, sou ons dit beter kon doen?

Danielle Swanepoel

Is ’n walvis ’n vis?

Hellmuth Weich